fasiliteite
Braai area, wat uitkyk oor die netbalbane en rugby velde
Hoërskool Grens beskik oor die volgende uitstekende fasiliteite:
-
Akademie: Die skool beskik oor drie rekenaarlokale, Robotika- en tegnologie, asook verbruikerstudielokaal, ‘n mediakamer en biblioteek, interaktiewe witborde en internet is in klasse beskikbaar.
-
Sport: ‘n Goed toegeruste gimnasium met die dienste van twee biokinetici. Die skool maak ook gebruik van buite-afrigters. Daar is spreiligte en pawiljoene by die rugby- en netbalterreine. Die skool beskik oor 'n swembad, tennisbane, en krieketveld met oefennette. Alle hokkie oefening vind by die BUCO Astroturf plaas.
-
‘n Klubhuis, Die Dek.
-
‘n Kafeteria.
-
Die saal is toegerus met ‘n uitstekende klankstelsel en beligting vir musiek en drama-uitvoerings en ’n ingerigte kleedkamer vir die kunstenaars.
-
‘n Skoolkombuis langs die saal.
-
‘n Tweedehandse klerewinkel.
-
Time Clothing bedryf ‘n klerewinkel wat nuwe skool- en sportdrag verkoop op die skoolterrein.
-
‘n Seunskoshuis, Huis Marais en ‘n meisiekoshuis, Huis Kretsenger vir hoër- en laerskoolleerders.
-
'n Raadsaal.
-
24 uur kamerabeheer in die skoolgebou en op die terrein, asook 24 uur wagte op die perseel.